Naweekaktueel

Die Sandton Gautrain stasie is steeds sonder water nadat die Johannesburgse stadsraad die water-toevoer op 7 September afgesny het. Die Metro en Cedar Park Properties 39, 'n maatskappy wat verbind is aan die Gupta-maatskappy Regiments Capital, het mekaar die week in die Hooggeregshof in Johannesburg gepak oor die water-toevoer. Maar, intussen het die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba ook skerp onthullings gemaak oor die grond waarop die Sandton Gautrain-stasie gebou is. Este de Klerk doen verslag.