Praat Saam

RSG  |  PRAAT SAAM
Die organisasie, Women and Men against Child Abuse, sê hulle is bly dat die Minister van Justisie, Ronald Lamola, ingegryp het oor Bob Hewitt se parool. Die minister het vroeër sy kommer uitgespreek oor die besluit dat die paroolraad bepaal het dat die voormalige tenniskampioen aanstaande Maandag op parool vrygelaat kan word sonder dat die slagoffers glo in die saak geken is. Wat is die regte van slagoffers in die paroolproses, en is dit tyd vir 'n hersiening van die proses?