Oliepryse het skerp internasionaal gestyg

Oliepryse het skerp internasionaal gestyg na Saterdag se aanvalle op twee olie-installasies in Saudi Arabië. Die aanvalle beinvloed volgens berigte produksie in die land. Brent ru-olie het met bykans 20 persent gestyg en is nou op die hoogste vlak in ses maande. Chris Bredenhann van Deloitte in Bahrain het met Kosmos 94.1 nuus gepraat oor die invloed hiervan op die brandstofprys.