15 May RSG Landbou

Die Melkprodusente-organisasie het 'n nuwe ekonoom aangestel. Bertus van Heerden vertel hoe die ekonomiese afdeling van die MPO funksioneer, en hoe belangrik die beskikbaarheid van markinligting is. Hy gesels ook oor melkprystendense, veral in die lig van die feit dat die melkprys in Maart effe kop opgetel het. Dissiplinêre verhore is 'n belangrike aspek van die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik aan Lise Roberts wat so 'n verhoor behels. En Ben Churr van Goscor brei uit oor hanteringstoerusting, en hoe dit in die landbou aangewend kan word.
Loading player...