6 May RSG Landbou

Alikreukel, suurvye en piekelmossels is van die produkte waaroor die entrepreneur, Sarah Niemand van Blinkwaters Koöperatief op Buffeljagsbaai, gesels. Die groenteboere van Philippi se waardetoevoeging groei van krag tot krag, en Leon Ricks van die Kaapse Vlakte Landbouvereniging vertel van hulle suksesse. En boere in die Karoo is bly oor die reën, maar die droogte is nog lank nie gebreek nie. Dissie Kruger vertel hoe veral die Bo-Karoo, goeie reën gekry het.
Loading player...