RITA GILFILLAN
--:--
Met: Christine Barkhuizen-le Roux
Aangebied deur Naledi
In haar jongste en vierde bundel kortverhale, Wanneer bloekoms dans, speel Rita Gilfillan met die krag van woorde – in die uitbeelding van erotiek, die onsêbare in ’n spookstorie, tragedies geverf op ’n kleiner doek waar dit eerder oor die klein dinge van elke dag gaan; suggestie pleks van verklaring. Stilte en aardsheid. Christine Barkhuizen-le Roux vra haar uit oor haar liefde vir kortkuns.