OPSTOKERS EN FOPDOSSERS

Herman Lategan, in gesprek met Nic de Jager

Aangebied deur Penguin Random House

Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ’n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Sy stories en besinnings, Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse, versamel uit sy “Woorde wat wip”-rubriek in Rapport, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker. Die inhoud val dikwels uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Hy en Nic de Jager probeer mekaar met woorde troef.