MIN SHAW: DIE SPROKIE
--:--
Met: Shaun Andrew Mynhardt en Min Shaw
Aangebied deur Protea Boekhuis
Sy was die prinses in die sprokie, met ’n soet stem wat menige sterk man ’n traan sou laat pink. Die Jy is my liefling-ster, Min Shaw, se biografie, Sprokie van ’n liefling – ’n plakboek van herinneringe, het pas verskyn, propvol foto’s en aandenkings uit Min se persoonlike albums en, ja, plakboeke. Haar jarelange vriend en skrywer van die biografie, Shaun Andrew Mynhardt, vra haar uit oor die “Wilde Weste”-dae van die Afrikaanse rolprentbedryf, juffrou-wees, en haar pa wat altyd geglo het “Sussie” gaan ’n groot ster wees. Min sing ook ’n keur uit haar liedjies.