21 Mar RSG Landbou

Waarom het ons beestelersgenootskappe nodig? Dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek beantwoord hierdie vraag in RSG Landbou. Dan het die JSE onlangs die Wagyu-beestelersgenootskap genader oor beleggingsmoontlikhede in die vinnig groeiende vleismark. Dr Michael Bradfield vertel meer hieroor. Graan SA en sy lede staar vanjaar heelwat uitdagings in die gesig. Een daarvan is hulpverlening aan klein asook kommersiële graanboere, veral met die oog op die droogte. Dr Dirk Strydom van Graan SA vertel wat tydens hulle jaarlikse kongres hieroor besluit is.
Loading player...