Afrikaans Aktueel - 19 Februarie 2019

Gerswin Cupido wil graag jongmense bemagtig, behalwe vir dié passie is hy ook ’n ambassadeur vir Afrikaans en vertel meer oor hoekom moedertaalonderrig vir hom belangrik is. Meer oor taalbeleid in skole, wat ’n baie sensitiewe saak is op die oomblik en later in die program vertel ek meer oor ’n reeks hulpmiddels vir Graad 8 tot 12’s wat kan help om die stres uit toetse en eksamens te haal. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.