Afrikaans Aktueel 05 Februarie 2019

In vandeesweek se program: Die FAK nooi jou uit om saam met hulle op reis te gaan na Duitsland en Italië! Die toer is ideaal vir graad 10- en 11-leerders wat Duits of kuns as skoolvakke neem en beloof om elke toerlid se horisonne te verbreed. Februarie is Moedertaalonderrig maand en afrikaans.com nooi jou uit om hieraan deel te neem. Dit is ook die maand van liefde en ek vertel hoe jy jou liefdesboodskap kreatief op ’n digitale kaartjie kan pen. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.