Naweekaktueel

Die benoemings vir die Golden Globe-toekennings is hierdie week aangekondig, en het so die begin van die sogenaamde internasionale rolprenttoekennings-seisoen afgeskop. Die rolprent Black Panther, wat loket-rekords in Suid-Afrika laat spat het, is die eerste MARVEL-rolprent wat dit reggekry het om 'n Golden-Globe benoeming te kry. So sê Dr Chris Broodryk, 'n filmkenner van die Universiteit van Pretoria se Drama Departement. Hy het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê daar is 'n hele paar titels wat vir hom uitstaan, onder meer die fliek "VICE", wat ses benoemings gekry het.