5 Jun Eenheid

Probleme in die huishouding raak elke lid van die gesin. Dit is belangrik dat die ouers eenheid reflekteer as dit kom oor kommunikasie met die kinders en oor finansiele besluite. Daar is geen plek vir die vyand as daar eenheid in die huis is nie.
As daar nie kommunikasie is nie, lei dit na ontrekking. Daar is ook verskeie vlakke van kommunikasie in die huwelik. Die laagste vlak is die woede-uitbarsting en die onderwerpe word dan daarna vermy. Die oplossing vir hierdie vlak is om op ander maniere na die probleem te kyk vir ’n moontlike oplossing. Nog ’n vlak is stilstuipe – waar ontrekking totaal en al gebeur. Hoe kry jy die ander party om dan weer hieroor te praat? Kyk na ‘n diamand se verskillend hoeke en probeer hierdie probleem van ’n ander hoek af benader. Geen kommunikasie lei to misverstand en veleentheid of vernedering.
Beginet om die probleem te addresseer uit ’n ander standpunt, vra die ander se opinie, vorm weer ’n eenheid, erken daar is ’n probleem, neem aksie en sorteer die probleem uit.
Besoek ons webblad by www.beginet.org
Loading player...