7 Mar KLITSGRAS EN SEKELBOS : Met Johan Klopper van 4 x 4 Kungwini en Afrika Stories

As jy 'n plaas koop en daar is 'n rooi koppie op met Koedoes, dan word jou plaas Rooikop of Koedoeskop genoem. As daar 'n berg is met baie kalkklipe noem jy dit Kalkberg. maar wat noop jou om 'n plaas "Glaar" te noem? Johan Klopper vertel hoe hy in die maer jare 4, 4 x 4 toere gereël het sonder om self eers 'n 4 x 4 te hê - dan klim hy op 'nb trein en ontmoet die mense iewers op 'n bestemming. Margueriet Jones vertel van die korrupte polissie in Zimbabwe en Willie van Niekerk gesels oor versamelneste in Namibië.
Loading player...