28 Feb Koos Bronkhorst, sy broer ds. Willem Bronkhorst en Jurie v d Walt gesels oor Koos se oompa-dae en hoe om R20.00 te rek.

“Vanaand om 9 op Grootfm 90.5 : KLITSGRAS EN SEKELBOS saam met Kobus Rudolph en die vuurmaker Jurie van der Walt. Hulle gaste is die bekende skilder en tromboonspeler Koos Bronkhorst en sy broer Willem Bronkorst wat sorg vir die kitaar en musiek om die kampvuur. Koos vertel van hoe hy in Swaziland gaan bly en werk het, saam met sy vrou, met slegs 20 rand in sy sak. Willem vertel ‘n staaljie oor die Briels en Kobus probeer een van hulle liedjies sing. Koos vertel ook meer van sy jare in ‘n oompa-orkes tydens feestelike bierfeeste. KLITSGRAS EN SEKELBOS vanaand om 9 op Grootfm en vanaand word daar hoender op ‘n spit gebraai!! Om 9 uur.”
Loading player...