8 Feb #RenosterRadar Feb 2018

Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het ons meer as ‘n duisend renosters verloor… kan ons hierdie slagting enigsens keer? Wat van “driedimensioneel-gedrukte horings”? Ons gesels oook oor die nuutste (kommerwekkende) olifantstropingsyfers asook Hong Kong se moontlike ivoorverbod.

Su-an (en so aan) soan maandeliks saam met bekende joernalis en kampvegter vir renosters, Bonné de Bod, om luisteraars op hoogte te bring van die nuutste verwikkelinge in die renosterstroop-krisis – in die veld, howe, wêreld, regering en agter die skerms.

‘n In-diepte, aktuele reeks met ‘n maandelikse blik op die renosterkrisis, wat jy nêrens anders gaan hoor nie.

Die volgende #RenosterRadar is 22 Mrt om 10:10 op GROOTfm 90.5 (DSTV-audiokanaal 820)
Loading player...