13 Sep Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel was by die ATKV Woordveertjies in Stellenbosch, en gesels met van die bekroondes. Bruce Koopman van Uitenhage vertel watter verskil sy huisbiblioteek maak in die lewe van die kinders van die Jazztown-woongebied by Uitenhage. September is internasionale geletterdheidsmaand, en Lizelle Langford van die READ Opvoedkundige Trust vertel van hulle Red Reading Boxes. Johan Myburg vertel meer oor die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor nuwe boeke uit die pen van Salman Rushdie en John le Carre.
Loading player...