4 Aug Thaakir Abrahams - HJS Rugby Kaptein

Die 102de Paarl Interskole, die grootste interskole wedstryd ter wêreld, is op Saterdag 5 Augustus in die Faurestraat stadion in die Paarl beslis. Paarl Boishaai het vir die derde jaar agtereenvolgens die beker gelig teen Paarl Gimnasium, en het sodoende hul onoorwonne status van die afgelope drie jaar behou. Die eindtelling was 18-13 met Boishaai wat drie drieë teenoor Gim se een gedruk het. Luister gerus na die onderhoude wat Tygerberg 104fm met die skoolhoofde, afrigters, eerstespan kapteins en dirigente vooraf en op die dag gevoer het.
Loading player...