STAAN OP VIR DIE KAMPIOENE MET TYGERVALLEI EN 104FM, 4 Aug VRCID

Met die winterkoue breek jou hart vir diegene in nood, maar jy weet dat geld gee vir die behoeftiges op straat of by die deur nie die antwoord is nie. Daarom het Tygerberg 104fm en Tygervallei Winkelsentrum kragte saamgesnoer om dit vir jou maklik te maak om op ‘n verantwoordelike manier die nood in die Wes-Kaap te help verlig. Ons het bykans 20 gemeenskapsorganisasies geïdentifiseer en hulle KAMPIOENE gedoop, omdat hulle reeds op verskillende terreine ‘n groot impak maak in die noodverligting van gemeenskappe in die Kaap.
Loading player...