Middagvervolgverhaal

RSG  |  MIDDAGVERVOLGVERHAAL | HEUNINGBOS
Die Barnard-huis is in rep en roer. Annabel slaap daar oor, en Adriaan kry die harde bank in die sitkamer. Rex en Anel breek in by die feesterrein om die fees te saboteur. Solly en Adriaan kom agter dat daar iets fout is op die terrein, maar kan nie hulle vinger daarop sit nie.