Die vrou in die vuur
--:--
Riana Scheepers is tuis in verskeie genres, maar die kortverhaal bly haar forté. Die vrou in die vuur toon haar liefde, artistieke beheer en intuïtiewe aanvoeling vir dié genre. Verhale in die versamelbundel markeer haar ontwikkeling as skrywer. Scheepers, nog altyd in sommige opsigte ʼn omstrede skrywer, ís die vrou in die vuur. Andries Bezuidenhout lei die gesprek.