Dan Sleigh

--:--
Die gevierde ATKV Prosapryswenner Dan Sleigh praat oor sy historiese roman Afstande. Hy vertel hoe Nagri, die laaste Joodse profeet, 2 400 jaar gelede moeitevol die pad vir sy Verlosser in die woestyn berei, oortuig dat dit ’n Griek gaan wees. Nagri – die woedende digter van Psalm 137, die eunug wat sy geld op straat aan prostitute weggee – se verhaal lê tussen die Ou en Nuwe Testament.
7 Mar 2013 5AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Die eerste Grieks-Afrikaanse Bybel

Met Hermie van Zyl, Herman du Toit en Sua du Plessis Al ooit gewonder hoe Bybelvertalings werklik gedoen word? Met die Interliniêre Bybel sien jy vir die eerste keer hoe die Grieks stap vir stap Afrikaans geword het.
5 Mar 2013 9AM 45 min

So amper waar

Aangebied deur Umuzi. François Loots gesels oor sy nuwe roman Rooi Jan Alleman, waarin hy die lewe van die Afrikaner-kommunis Bram Fischer onder die loep neem. ’n Fassinerende blik op ’n omstrede historiese figuur.
4 Mar 2013 1AM 49 min

My pad met engele

Kom luister saam na Belinda Bras-Nel se verhale oor ervarings met hemelwesens. Sy bespreek haar nuwe boek My pad met engele en vertel hoe haar engele haar tot bemagtiging gelei het. Wil jy hoor hoe om ʼn engelboodskap te ontvang?
5 Mar 2013 6AM 46 min

Net soos jy is

Baie vroue voel soms dat hulle net nie goed genoeg is nie, maak nie saak hóé hard hulle probeer nie. Milanie Vosloo wys jou hoe om dié leuen vir goed nek om te draai. Kom ervaar hoe hemels dit kan wees om aanvaar te word – net soos jy is!
5 Mar 2013 7AM 43 min

Treurgrond

Na heftige openbare reaksie op Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle is besluit om dié boek by te werk. Met treffende kunswerke van Pauline Gutter, gedigte en nuwe navorsing oor die hel van plaasaanvalle, word Treurgrond ʼn boekmonument ter ere van die slagoffers. Die bekende Dirk Hermann is aan die…
6 Mar 2013 10AM 47 min