Elsa Joubert 91
--:--
In haar luisterryke skrywersloopbaan het Elsa Joubert wêreldwyd erkenning gekry vir romans soos Die swerfjare van Poppie Nongena. Haar reisverhale, kortverhale en outobiografiese werk sal onvergeetlik bly. Annari van der Merwe en André P. Brink belig die talle fasette van haar enorme bydrae en lig ʼn glasie Fleur du Cap op dié grande dame van die Afrikaanse letterkunde.