Neville Alexander (1937-2012)
--:--
Neville Alexander, wenner van o.a. die UNESCO Lingua Pax Prys, het diep spore getrap as struggle-veteraan, taalbeplanningskundige en -aktivis. Dié besoekende dosent van die US Departement Afrikaans en Nederlands het ʼn ongelooflike bydrae tot meertaligheid in Suid-Afrika én Afrika gelewer. Leon de Stadler en Vic Webb reflekteer in dié huldigingsgesprek oor die nederige reus se bydrae tot ons diverse taalwêreld.