Om die Nguni-vure
--:--
Myra Scheepers het op 80 met ʼn bundel Nguni-sprokies gedebuteer wat kinders en grootmense laat regop sit! Om die Nguni-vure is ʼn belangrike verruiming van ons Afrika-erfenis. Kom luister na hierdie merkwaardige vrou se literêre reis en die sprokies se ontstaan. Sy praat met haar dogter Riana Scheepers en kleinseun Adriaan Meyer. ’n Unieke geval waar nie die kinders en kleinkinders nie, maar die moeder se skryfgene haar uiteindelik ingehaal het! Verwelkoming: Dorothea van Zyl.