Wat die hart van vol is
--:--
Evette Weyers se Wat die hart van vol is, ’n woordbeelding van haar werk en lewe saam met akteur Marius Weyers, is ‘’n labirint van skeppende, speelse en koddige glipgange tussen feit en fiksie, mitologie, teater, letterkunde, musiek en die oorsprong van woorde’. Petrovna Metelerkamp gesels met dié uiters suksesvolle, fassinerende beeldhouer oor haar pragboek. Evette se werk dien vanjaar ook as inspirasie vir die Woordfees-plakkaat en programboek se uitleg. Verwelkoming: Dorothea van Zyl.