RSG  |  BEFONK
Tenita Kidelo gesels met Sune van Rooyen, 'n Meestergraad student aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hulle kyk na hoe sukses gedefinieër word en gee ook sommer lekker raad om jou sukses tydens die eksamens te waarborg. Tenita maak ook 'n draai by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) om meer uit te vind oor Politieke & Burgerlike regte en laaste maar nie die minste nie, vind sy ook uit wat die belangrikheid van 'n rolmodel is.