Minstens drie tale vir staatsinstansies: Laksheid of onwilligheid?

--:--
Met: Anne-Marie Beukes van die Departement Linguïstiek (Universiteit van Johannesburg) en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en Cerneels Lourens, prokureur en taalaktivis van Brits:

Die Taalwet van 2012 vereis dat die 207 staatsdepartemente, openbare entiteite soos Eskom en openbare onderneming soos die nasionale lugdiens ’n taalbeleid opstel waarin onder meer met minstens drie tale rekening gehou moet word. Die Afrikaanse Taalraad het in samewerking met die Departement Linguïstiek van die Universiteit van Johannesburg vasgestel dat in November 2015 nog geen 30 persent van die instellings die Taalwet se verpligtings opgevolg het nie en dat die res dit miskien maar bloot as ’n lastigheid beskou. Gaan dit hier om laksheid of onwilligheid en ’n toegee aan die maklike uitweg van Engels ten koste van die publiek se taalregte? Of word daar nie oor die kundigheid beskik om ’n billike taalbeleid op te stel nie? Hoe moet opgetree word teenoor onwillige staatsinstansies? Wat is die konsekwensies van die huidige situasie vir Afrikaans? Die twee deelnemers bespreek al die moontlikhede van optrede: positief of negatief.
11 Mar 2016 English South Africa Technology · News

Other recent episodes

Phillip Retief – Van Loveren

In 1939 maak Hennie Retief Sr sy eerste wyn (’n muscadel) op die Van Loveren-familieplaas in die Robertsonvallei. Saam met sy seuns, Nico en Wynand, bottel hulle die eerste wyne onder die Van Loveren-etiket in 1980. Uiteindelik sluit vier kleinseuns ook aan by die boerdery, vandag bekend as die vier…
7 Mar 2016 55 min

Etiese mediese navorsing in Afrika: Is dit moontlik?

Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog en Mediclinic Met: Mariana Kruger, Hoof aan die US Pediatrie en Kindergesondheid, Lyn Horn,
US Navorsingsetiekdeskundige en Navorsingsintegriteitbeampte, met Anton van Niekerk, direkteur: US Sentrum vir Toegepaste Etiek, as die gespreksleier.
Die Afrika-kontinent dra baie swaar aan siektes en epidemies. Heelwat mediese navorsing, veral deur oorsese agente,…
9 Mar 2016 58 min

Bly of gly? Oor emigrasie na binne of na ver

Wat het geword van ’n gelowige se “roeping” en dat God jou op ’n plek en tyd geplaas het om daar ’n verskil te maak? As ’n gelowige die tentpenne optrek en groener weivelde in ander lande gaan soek, of na binne emigreer en apaties staan teenoor gebeure in Suid-Afrika,…
9 Mar 2016 57 min