Etiese mediese navorsing in Afrika: Is dit moontlik?

--:--
Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog en Mediclinic

Met: Mariana Kruger, Hoof aan die US Pediatrie en Kindergesondheid, Lyn Horn,
US Navorsingsetiekdeskundige en Navorsingsintegriteitbeampte, met Anton van Niekerk, direkteur: US Sentrum vir Toegepaste Etiek, as die gespreksleier.
Die Afrika-kontinent dra baie swaar aan siektes en epidemies. Heelwat mediese navorsing, veral deur oorsese agente, word in Afrika gedoen. Die vraag is of Afrika werklik voordeel daaruit trek, en of die Weste meer bevoordeel word deur navorsing in Afrika. Kom luister hoe deskundiges wat pas ’n boek hieroor gepubliseer het, hierdie aktuele morele vraagstuk bespreek.
9 Mar 2016 English South Africa Technology · News

Other recent episodes

Phillip Retief – Van Loveren

In 1939 maak Hennie Retief Sr sy eerste wyn (’n muscadel) op die Van Loveren-familieplaas in die Robertsonvallei. Saam met sy seuns, Nico en Wynand, bottel hulle die eerste wyne onder die Van Loveren-etiket in 1980. Uiteindelik sluit vier kleinseuns ook aan by die boerdery, vandag bekend as die vier…
7 Mar 2016 55 min

Bly of gly? Oor emigrasie na binne of na ver

Wat het geword van ’n gelowige se “roeping” en dat God jou op ’n plek en tyd geplaas het om daar ’n verskil te maak? As ’n gelowige die tentpenne optrek en groener weivelde in ander lande gaan soek, of na binne emigreer en apaties staan teenoor gebeure in Suid-Afrika,…
9 Mar 2016 57 min

Francis Visagie – Nanibees

Op die plaas Nanibees naby Kakamas in die Boesmanland boer Francis Visagie reeds dekades lank met sy gunsteling skaapras, die Dorper. Vir Francis is dit belangrik dat die ras waarmee ’n mens boer, in die omgewing kan aanpas. Hierdie beleid het hom in 1989 en in 1991 die titel van…
10 Mar 2016 58 min