Profiel: Maretha Maartens, 70

Maretha Maartens het al meer as 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinderboeke, jeugboeke, tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Sy is al vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon, ontvang in 1989 die Andrew Murray-toekenning, en haar jeugroman, Die inkvoël, is internasionaal vereer as ’n White Raven Book (gekies as een van 400 boeke uit sowat 30 000 kinder- en jeugboeke wêreldwyd). Haar dogter, Naomi Meyer, en uitgewer Sua du Plessis, gesels met Maretha oor haar omvattende oeuvre en interessante lewe.
Loading player...