Stephanus Muller: Nagmusiek

--:--
Aangebied deur Fourth Wall Books Nagmusiek is aan die een kant ’n biografie van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk. Aan die ander kant is dit die verhaal van die ondergrondse en bogrondse reise en seksuele ontwaking van Werner Ansbach, ’n fiktiewe biograaf en begeesterde amateurmolvanger. Dit is ’n besonderse werk wat temas ondersoek soos die kuns van die biografie, Suid-Afrikaanse klassieke musiek onder ’n apartheidsregering en die ingewikkelde verhouding tussen die fiktiewe en die realiteit. Ingrid Winterbach gesels met die outeur Stephanus Muller en filmmaker Aryan Kaganof, wat ’n dokumentêr oor Nagmusiek maak. Met ’n kort uitreksel uit die dokumentêr.
12 Mar 2015 6AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Heinz Winckler: In ritme met God

Heinz Winckler: In ritme met God Aangebied deur CUM-uitgewers Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld verander elke dag – God is die enigste standvastige baken. Met In ritme met God wys Heinz Winckler, in gesprek…
10 Mar 2015 4AM 42 min

Chanette Paul: Ewebeeld

Chanette Paul gesels met Madri Victor oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ’n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring. (Aangebied deur Lapa)
12 Mar 2015 9AM 45 min

RSG Gespreksreeks: Sielkunde

Aangebied deur Naledi en RSG Is alle selfhelpboeke van hulp? Of beklemtoon dit eerder die leser se swak plekke en tekort- kominge? Hoe kies jy die regte boek? Louis Awerbuck en Lise Swart (Wie is ek?) in gesprek oor selfhelpboeke en lesers se uiteenlopende reaksies daarop.
11 Mar 2015 4AM 49 min

Leon van Nierop: Ballade vir ’n enkeling

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekord kykertalle bereik. Nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014 – en dit is eersdaags in teaters te…
10 Mar 2015 6AM 39 min