#1 Ons geliefde digters

Ondersteun deur Leserskring; in samewerking met RSG en By. Leserskring stel vyf van Afrikaans se gewildste digters voor by die Woordfees: Danie Marais, Ronelda Kamfer, Daniel Hugo, Diana Ferrus en Joan Hambidge. Dié woordkunstenaars lees verse voor wat bewys waarom hulle so bemind geraak het by die Suid-Afrikaanse publiek. As spesiale toegif sluit Leonard Nolens, die grootste lewende Vlaamse digter, by hulle aan.
01:00:45
Loading player...