Die formidabele Bakkes-broers
--:--
Die avonturier-skrywers en wêreldreisigers Christiaan en Johan Bakkes stel hul jongste boeke bekend. Christiaan se nuutste in die Stoffel-reeks, Stoffel op safari, omvat weer ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland. Oepse daisy van Johan is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise – propvol humor, maar nooit sonder deernis vir die medemens nie.