15 Dec 2011 KRISMIS VAN MAP JACOBS deur Adam Small

’n Gevreesde bendeleier word na sewe jaar op parool uit die tronk vrygelaat. Almal wonder nou of Map verander het en of hy steeds die ou Map is. Die drama speel af ná die gedwonge verskuiwings uit die Kaap na die vlakte. Dit kyk na die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap het en gee ’n blik op die leefwyse van die ontworteldes, hulle lief en leed en die desperate hunkering na ’n beter bestaan.
Loading player...