Geloof op die Markplein Gespreksreeks: Kyk God rugby?

Kyk God rugby? Oor God en sport
Gespreksleier: Johan van der Merwe
Met Jacques Steenkamp, Dawie Snyman, Richard van Wyk
36
Met die vinger na bo gee die rugbyheld erkenning vir die pragdrie wat hy so pas gedruk het. Ons dank God vir die Bok-oorwinning, sê die afrigter. Maar intussen raak die skare veel meer opgewonde oor hul span se doen en late as wat hulle ooit oor God of die kerk is. Wat gaan hier aan? Het sport ’n afgod geraak? Wat verraai ons interpretasie van sport oor ons werklike siening van God en geloof?