Dawie Louw: eMajuba

Aangebied deur Naledi
Nelia en Retief wil albei om persoonlike redes afreken met die invloedryke sakeman Boris de Beuck. Hulle delf in die voorgeskiedenis van die Boshoffs en De Beucks vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto we Sizwe in die 70s, tot en met die Kerk- straat-bomaanval in 1983. Dan betree hulle die oorlog-teater met eMajuba, ’n digitale oorlogmasjien wat sy tyd ver vooruit is. Iris Bester in gesprek met skrywer Dawie Louw.