Parlement verwelkom hertrukturering van fondse
--:--
Die Parlement se portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid verwelkom die vordering wat gemaak word met die herposisionering van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds. Die twee instellings gaan onafhanklik van die Departement van Indiensneming en Arbeid wees. Die herstrukturering van die twee fondse maak voorsiening vir die opgradering van IT-stelsels, organisatoriese herstrukturering, die aanstel van geskikte vaardige personeel, en die verbetering van dienslewering. Die komiteevoorsitter, Boyce Maneli het die herposisioneringsprojek as 'n vars luggie beskryf: