Komende dae 'n toets vir Swapo, demokrasie

--:--
Reaksies op stemdagkwessies duur voort, met politieke ontleders wat die Verkiesingskommissie van Namibië kritiseer vir 'n gebrek aan paraatheid. Die ECN het aangekondig dat baie mobiele stemlokale, meestal in die noordelike streke, en sommige vaste lokale vandag en môre van 7-uur tot 9-uur sal oop bly. Opposisiepartye is woedend oor die beperkte aantal stemlokale. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder in Suid-Afrika, wat sê dat hierdie komende dae 'n toets vir die Swapo-party en demokrasie in Namibië sal wees.
29 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

IPL, ander opposisie werk saam aan verkiesingsprobleme

Die IPL-leier Panduleni Itula het sy perskonferensie in die hoofstad afgesluit en sê hy werk met ander partye saam om die probleme met die verkiesings aan te spreek. Hy het verskeie punte uitgewys wat volgens hom strydig is met die Kieswet en die Namibiese Grondwet. Hy het die konferensie verdaag…
29 Nov 11AM 1 min

Sadou verwerp Bela-wetsontwerp ooreenkoms

Die onderwysvakbond Sadou verwerp die bilaterale ooreenkoms oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette ten sterkste. Die ooreenkoms is by Nedlac tussen die minister van Basiese onderwys, Siviwe Gwarube, Solidariteit, en AfriForum bereik. Die vakbond doen 'n beroep vir die wet om teen 13 Desember ten volle in werking gestel te…
29 Nov 11AM 1 min

Parlement verwelkom hertrukturering van fondse

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid verwelkom die vordering wat gemaak word met die herposisionering van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds. Die twee instellings gaan onafhanklik van die Departement van Indiensneming en Arbeid wees. Die herstrukturering van die twee fondse maak voorsiening vir die opgradering van IT-stelsels, organisatoriese…
29 Nov 10AM 1 min