Namcor opgewonde oor PEL 83 eksplorasie-bevindinge

--:--
Custos Energy het 'n opdatering gegee van sy eksplorasieveldtog in PEL 83 in Namibië se Oranjekom. Die veldtog word deur Galp Energia bedryf, en Custos en Namcor hou elk 'n 10 persent belang. In die Mopane-1A-put is ligte olie en gaskondensaat in hoëgehalte reservoirsand met uitstekende porositeit, deurlaatbaarheid en lae olieviskositeit bevestig. Gekombineer met resultate van Mopane-1X en Mopane-2X, beklemtoon die bevindinge die Mopane-kompleks se potensiaal. Die veldtog sluit in verdere eksplorasie, bykomende putte en 'n 3D seismiese opname wat in Desember sal begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, wat die goeie nuus deel.
29 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

IPL, ander opposisie werk saam aan verkiesingsprobleme

Die IPL-leier Panduleni Itula het sy perskonferensie in die hoofstad afgesluit en sê hy werk met ander partye saam om die probleme met die verkiesings aan te spreek. Hy het verskeie punte uitgewys wat volgens hom strydig is met die Kieswet en die Namibiese Grondwet. Hy het die konferensie verdaag…
29 Nov 11AM 1 min

Sadou verwerp Bela-wetsontwerp ooreenkoms

Die onderwysvakbond Sadou verwerp die bilaterale ooreenkoms oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette ten sterkste. Die ooreenkoms is by Nedlac tussen die minister van Basiese onderwys, Siviwe Gwarube, Solidariteit, en AfriForum bereik. Die vakbond doen 'n beroep vir die wet om teen 13 Desember ten volle in werking gestel te…
29 Nov 11AM 1 min

Parlement verwelkom hertrukturering van fondse

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid verwelkom die vordering wat gemaak word met die herposisionering van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds. Die twee instellings gaan onafhanklik van die Departement van Indiensneming en Arbeid wees. Die herstrukturering van die twee fondse maak voorsiening vir die opgradering van IT-stelsels, organisatoriese…
29 Nov 10AM 1 min