Vier veranderinge aan Wallis vir Bok-kragmeting
--:--
Wallis se afrigter, Warren Gatland, het vier veranderinge aangebring aan sy beginspan wat Saterdag in Cardiff teen die wêreldkampioene van Suid-Afrika kragte meet. Sam Costelow begin op losskakel, Blair Murray skuif van vleuel na heelagter, vleuel Rio Dyer keer terug terwyl die slot, Christ Tshiunza, die beseerde Adam Beard vervang. Gatland, wie se span ʼn rekord van elf agtereenvolgende toetsnederlae gely het, sê hy wil baie graag voortgaan as hoofafrigter: