Talavera vol lof vir 12-jarige Cooper wat geskiedenis maak met Lukas

--:--
Reaksie word ontvang op die toekenning van die beste jong Afrika-akteur aan die Namibiese Alejandro Cooper. Die 12-jarige het die toekenning by die Sotigui-toekennings in Burkina Faso ontvang vir sy rol in die rolprent Lukas. Hy was die enigste Namibiër wat genomineer is en die eerste een om die pryskategorie te wen. Kosmos 94.1 Nuus het die Lukas se regisseur Phillipe Talavera gepraat.
18 Nov 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Indonesië skenk groot vir droogtehulp

Die voortslepende droogte bly 'n groot bekommernis. Die Kantoor van die Eerste Minister speel 'n sleutelrol in die implementering van noodlenigingsprogramme en hanteer ook skenkings om geaffekteerde gemeenskappe te ondersteun. Die uitvoerende direkteur in die Kantoor van die Eerste Minister, I-Ben Nashandi, lig 'n skenking van sowat 5,429 miljoen Namibiese…
29 Nov 9AM 1 min

Plaaslike akkerbou sien oplewing vir Desember

'n Afname in plaaslike tuinbouproduksie as gevolg van die droogte het daartoe gelei dat die Namibiese Akkerbouraad die invoer van net ses produkte in November beperk het. In November verlede jaar was daar beperkings op 12 produkte. Emilie Abraham, die Akkerbouraad se bestuurder van tuinbouontwikkeling, het 'n opdatering gegee en…
29 Nov 9AM 1 min

Komende dae 'n toets vir Swapo, demokrasie

Reaksies op stemdagkwessies duur voort, met politieke ontleders wat die Verkiesingskommissie van Namibië kritiseer vir 'n gebrek aan paraatheid. Die ECN het aangekondig dat baie mobiele stemlokale, meestal in die noordelike streke, en sommige vaste lokale vandag en môre van 7-uur tot 9-uur sal oop bly. Opposisiepartye is woedend oor…
29 Nov 9AM 1 min

Namcor opgewonde oor PEL 83 eksplorasie-bevindinge

Custos Energy het 'n opdatering gegee van sy eksplorasieveldtog in PEL 83 in Namibië se Oranjekom. Die veldtog word deur Galp Energia bedryf, en Custos en Namcor hou elk 'n 10 persent belang. In die Mopane-1A-put is ligte olie en gaskondensaat in hoëgehalte reservoirsand met uitstekende porositeit, deurlaatbaarheid en lae…
29 Nov 9AM 1 min

Blitsbokke gereed vir Dubai Sewes-uitdaging

Rugby: Die Blitsbokke is slaggereed vir die begin van die nuwe sewesseisoen hierdie naweek in Dubai. Hoofafrigter Philip Snyman sê sy groep is goed voorberei met die fokus op sterk verdediging en om besit om te keer. Suid-Afrika speel teen Australië, Kenia en Frankryk in Groep A. Volgens Snyman wil…
29 Nov 8AM 1 min