DA soek geregtigheid in VBS-plundersaak

--:--
Die DA het sy oproep vir geregtigheid in die VBS Mutual Bank plunderskandaal tydens 'n nuuskonferensie by die Hooggeregshof in Pretoria herhaal, waar die voorverhoor van die VBS-saak gehou word. Baxolile Nodada van die DA sê ses jaar na die skandaal oopgevlek is, is dit nou hoog tyd dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word, insluitend politici wat na bewering voordeel uit die misdaad getrek het.
14 Aug 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Proteas kies jonges vir toer na VAE

Krieket: Verskeie sleutelspelers kry ’n blaaskans tydens die Proteas se toer na die Verenigde Arabiese Emirate vir drie eendagwedstryde teen Afganistan en twee T20’s en drie eendagwedstryde teen Ierland. Die 21-jarige veelsydige Andile Simelane van die Dolphins is die eerste keer ingesluit om blootstelling op nasionale vlak te kry. Nog…
10 Sep 9AM 1 min

Sone 1, of Khomas, wys hoogste sonale inflasie

Die jaarlikse inflasiekoers was in Augustus 4,4 persent, volgens die jongste Namibië Verbruikersprysindeks-verslag deur die Namibië Statistieke Agentskap. Inwoners van Sone 1 het die meeste betaal vir piesangs teen 31 dollar 56 sent 'n kilogram, gevolg deur Sone 3-verbruikers wat 31 dollar 38 sent betaal het. In sone 2 het…
10 Sep 9AM 1 min

Saftu ontstoke oor bankbase se R475 452-per-dag salaris

Die vakbondfederasie Saftu het die hoë inkomste van banke se uitvoerende hoofde veroordeel. Die woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, sê onlangse syfers het getoon die vergoeding van bestuurslui van die land se vier groot banke beloop miljoene. Sy sê in die 2023-boekjaar het Investec se uitvoerende hoof, Fani Titi, 175-miljoen Suid-Afrikaanse rand…
10 Sep 8AM 1 min

LPM-jeug kap regering oor duur groenwaterstof-beraad kaartjies

Die groenwaterstof-beraad wat verlede week plaasgevind het, lok nog steeds reaksie uit. Die Engelse dagblad Namibian Sun het berig dat die kaartjies meer as 30 000 Namibiese dollar gekos het. Die woordvoerder van die Landless Peoples Movement se jeug element, William Minnie, het by 'n perskonferensie die party se sienings…
10 Sep 8AM 1 min

AR se vakbond stoei met Chinese Beifang in arbeidshof

'n Saak teen Beifang Mining Technology wat ingedien is deur die Revolutionary Union verskyn vandag in die hoërhof. Die vakbond vra die hof vir ‘n interdik deur teen uitbuiting en intimidasie van sy lede. Die Workers Revolutionary Union word verteenwoordig deur Kadhila Amoomo en die regter in die saak is…
10 Sep 6AM 1 min