Baleka Mbete kritiseer ANC oor armoede, dienste

--:--
Die voormalige adjunk-president, Baleka Mbete, sê die ANC het die bal laat val in die 30 jaar van demokrasie. Sy het in 'n onderhoud met die SABC voortgesette maatskaplike kwessies soos armoede en onvoldoende dienslewering beklemtoon. Mbete het 'n gebrek aan strategiese gesprekke binne die party benadruk en is bekommerd oor die verswakking van grondwetlike strukture. Sy vra 'n hernude fokus op leierskap.
14 Aug 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ramaphosa het verskeie opsies met NVG

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir voorstelle om oplossings te vind vir die besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering moet aangegryp word. Die president het die NGV vóór die verkiesing in Mei onderteken, hoewel dit is nog nie gepromulgeer en in werking gestel is nie. Makone…
17 Sep 6AM 1 min

KI is belangrike bron vir sakewêreld

Namate KI-tegnologie aanhou vorder, sal die impak daarvan op die sakewêreld net groter word. Besighede wat KI omhels, sal goed geposisioneer wees om in die mededingende landskap van die toekoms te floreer. Deur take te outomatiseer, data te ontleed en insigte te verskaf, kan KI doeltreffendheid, produktiwiteit en besluitneming aansienlik…
17 Sep 6AM 1 min

IUM se Namwandi praat oor politiek en kampusse

Unam se verbod op politieke aktiwiteite op kampus het sedert Vrydag amok veroorsaak. Eers is 'n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging deur sekuriteit stopgesit, glo omdat die PDM-parlementslid Inna Hengari 'n spreker sou wees. Daarna is die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat om met verkiesingsverwante aktiwiteite voort te gaan. Beide…
17 Sep 6AM 1 min

Skaap- en bok-uitvoere na China - daar's gate in die plan

Namibië gaan voorkeur-invoerbepalings geniet in China, is aangekondig na die Forum oor China-Afrika-samewerking in Beijing. President Nangolo Mbumba het gesê uitvoere van gedrooge vrugte en skaapvleis na China is goedgekeur, asook bokvleis. Namibië voer reeds beesvleis uit na China. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat…
17 Sep 6AM 1 min

Swapo en ChatGPT: Nekongo sê dit beledig

Swapo het onder skoot gekom omdat dit wil voorkom asof sy begroting en ekonomiese planne deur ChatGPT saamgestel is. Daar is op sosiale media presies dieselfde syfers gedeel vanaf ChatGPT. Ephraim Nekongo, ‘n lid van die party se sentrale komitee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die ontleder…
17 Sep 6AM 1 min