SA-werkloosheid is tikkende tydbom

--:--
RISE Mzansi sê Suid-Afrika se werkloosheidskoers is 'n tikkende tydbom wat dringend aandag moet kry. Sowat 8,4-miljoen mense in die land is nou werkloos en meer as 75-persent van die mense is vir meer as 'n jaar lank sonder werk. RISE Mzansi se woordvoerder, Gugu Ndima, sê die stabilisering en die ekonomie, asook die skepping van werkgeleenthede wat leefbare lone betaal, is van die belangrikste verantwoordelikhede van die sewende administrasie:
14 Aug 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dis amptelik, 27 November is skoolvakansiedag

Die onderwysministerie het aangekondig dat 27 November as 'n skoolvakansie verklaar is, weens die verkiesings. Leerders se laaste skooldag sal op 22 November wees, terwyl onderwysers en ander skoolpersoneel hul pligte teen 6 Desember sal afhandel. Rapporte sal ook teen 6 Desember uitgereik word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
10 Sep 10AM 1 min

Kyk of Swapo-skenkers bevoordeel gaan word, sê kenner

Die skenkings van miljoene Namibiese dollar aan Swapo oor die naweek lok steeds reaksie uit. Daar was na wat berig word skenkings van 'n Zimbabwiese afvaardiging, wat kinders van president Emmerson Mnangagwa insluit, en 'n Noorweegse maatskappy met belange in Namibiese beesvleis. Verskeie bekende en soms omstrede name in die…
10 Sep 10AM 1 min

Jagters van droogtehulp-wild dra eie koste: Shifeta

Die kabinetsbesluit van Namibië om 723 stuks wild te jag om die droogtehulp aan te vul lok steeds wyd reaksie uit. Die kwessie het ook die Nasionale Vergadering bereik. Die president van die opposisie Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het aan die minister van omgewingsake, Pohamba Shifeta, gevra hoe die…
10 Sep 10AM 1 min

Proteas kies jonges vir toer na VAE

Krieket: Verskeie sleutelspelers kry ’n blaaskans tydens die Proteas se toer na die Verenigde Arabiese Emirate vir drie eendagwedstryde teen Afganistan en twee T20’s en drie eendagwedstryde teen Ierland. Die 21-jarige veelsydige Andile Simelane van die Dolphins is die eerste keer ingesluit om blootstelling op nasionale vlak te kry. Nog…
10 Sep 9AM 1 min

Sone 1, of Khomas, wys hoogste sonale inflasie

Die jaarlikse inflasiekoers was in Augustus 4,4 persent, volgens die jongste Namibië Verbruikersprysindeks-verslag deur die Namibië Statistieke Agentskap. Inwoners van Sone 1 het die meeste betaal vir piesangs teen 31 dollar 56 sent 'n kilogram, gevolg deur Sone 3-verbruikers wat 31 dollar 38 sent betaal het. In sone 2 het…
10 Sep 9AM 1 min