Suid-Afrika val terug op ekonomiese vryheidslys

--:--
Die 2023 Economic Freedom of the World-jaarverslag wys Suid-Afrika het tot op 94 gedaal, een plek swakker as verlede jaar. Die verslag maak gebruik van data van meer as 165 lande om objektiewe en vergelykbare maatstawwe van ekonomiese vryheid te bied. Die Vryemarkstigting se beleidshoof, Martin van Staden, sê Suid-Afrika het deurgaans gedaal namate die regering al hoe meer verkeerde beleide ingestel het:
19 Sep 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NV in reses tot 6 Februarie

Die 8ste parlementêre sitting van die Nasionale Vergadering het tot 'n einde gekom. Wetgewers sal weer byeenkom vir die volgende sitting op 6 Februarie, wat 'n pouse in nasionale wetgewende aktiwiteite tot dan beteken. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het opregte waardering uitgespreek aan alle lede…
1 Dec 11AM 1 min

Blitsbokke wil nuwe hoofstuk begin

Die Dubaise sewestoernooi was oor die jare ‘n maklike jagveld vir die Blitsbokke, maar hul onlangse spelpeil was teleurstellend. Ondanks die oorwinning in die Verenigde Arabiese Emirate verlede jaar, het Suid-Afrika die reeks in die sewende plek afgesluit. Die span sal môreoggend hul seisoen teen Samoa begin, gevolg deur groepswedstryde…
1 Dec 11AM 1 min

Skenkers dra MIV-voorkoming in Afrika

Frontline Aids sê befondsing van internasionale skenkers bly die grootste bydraer tot MIV-voorkoming in Afrika, veral met programme wat gemik is op sleutelbevolkingsgemeenskappe. Die organisasie het sy nuwe MIV-voorkoming- en aanspreeklikheidsverslae vrygestel. Frontline Aids se woordvoerder, Leora Pillay, sê buiten vir die MIV-voorkoming, skiet regerings van al nege Afrika-lande wat…
1 Dec 11AM 1 min

Queen Kamati van Swapo nuwe Windhoek burgemeester

Stad Windhoek se nuwe burgemeester is raadslid Queen Kamati van Swapo, wat 6 uit 11 stemme tydens die ampsdraerverkiesing gekry het. PDM-raadslid Clemencia Hanases het vyf stemme gekry. Hanases is genomineer deur LPM-raadslid Sade Gawanas en Kamati deur Nudo-raadslid Joseph Uapingene, die vorige burgemeester. Uapingene is as die onderburgemeester ingestem,…
1 Dec 10AM 1 min

DA verwerp Transnet reddingsboei

Die DA verwerp die Nasionale Tesourie se aankondiging van ‘n gewaarborgde 47 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Transnet ten sterkste. Die party kritiseer die stap en beweer dit verhoog belastingbetalers se risiko-blootstelling aan die ANC se wanbestuur van die logistieke- en vervoersektor. Transnet, wat worstel met ‘n skuldlas van 135 miljard…
1 Dec 10AM 1 min