Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

--:--
JESAJA 59
Ons sondes kla ons aan
1Die arm van die Here is nie te kort om te help nie
en sy oor is nie te doof om te hoor nie.
2Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het
tussen julle en julle God,
dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie
en nie na julle wil luister nie.
3Julle hande is met bloed bevlek,
julle vingers met onreg.
Julle praat net leuens,
julle bedink net onreg.
4Niemand stel sy saak eerlik nie,
geen uitspraak is betroubaar nie.
Almal vertrou op leë woorde,
wat hulle sê, is nie waar nie,
hulle is swanger van kwaad,
hulle bring onreg voort.
5Hulle broei slangeiers uit,
hulle weef spinnerakke.
Wie van daardie eiers eet, sterf;
as dit oopgebreek word, kom daar slange uit.
6Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie,
hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie;
hulle dade is misdade,
hulle pleeg net geweld.
7Hulle is daarop uit om kwaad te doen,
hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie.
Hulle planne is bose planne:
oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang.
8Hulle ken nie so iets soos 'n pad van vrede nie,
waar hulle loop, is daar geen reg nie;
hulle loop krom paaie,
wie hulle volg, sal nie vrede ken nie.
7 Jun 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

JOSUA 5 Die leëraanvoerder van die Here 13Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar 'n man voor hom met 'n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s'n?” 14“Nee,” sê die man,…
4 Oct 2AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

1 SAMUEL 17 32“'n Mens moenie oor hóm moedeloos word nie,” sê Dawid toe vir Saul. “Ek sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.” 33Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk en hy 'n vegter van kindsbeen af.” 34Toe…
2 Oct 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

PREDIKER 3 Elke ding het sy vaste tyd 1Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 3'n tyd om…
1 Oct 1PM 36 min