AfriForum eis antwoorde nadat lisensiedrukker wéér breek

--:--
AfriForum eis antwoorde van die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, nadat die land se enigste lisensie-drukker weer gebreek het – die tweede keer in minder as 'n jaar. Dit lei tot vertragings met die vervaardiging van bestuurs-lisensiekaarte. Ernst van Zyl van AfriForum sê geen opdaterings is oor die masjien verskaf nie, ondanks die departement se aanvanklike belofte van 'n oplossing binne twee tot drie weke. Hy sê die grondwetlikheid van die vyf jaar geldigheidstydperk van bestuurslisensies, en boetes vir lisensies wat verval het, word reeds uitgedaag.
5 Jun 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Oos-Kaap vry na beleggings

Die Oos-Kaapse regering sê hy is vol vertroue sy derde beleggingskonferensie gaan ʼn sukses wees. Verlede jaar is beleggings van 46 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig wat tot ʼn duisend nuwe werksgeleenthede gelei het. Die konferensie word vandag in die Internasionale Konvensiesentrum in Oos-Londen gehou. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa…
29 Sep 4AM 1 min

Oorname van Engen - vergadering het goed afgeloop

Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy openbare konferensie in verband met die verkoop van Engen Beperk aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, baie goed afgeloop het. Die konferensie het Donderdag plaasgevind en is baie goed bygewoon. Die kommissie se direkteur van samesmeltings Johannes Ashipala, sê ‘n besluit behoort volgende week…
29 Sep 4AM 1 min

Binnegevegte duur voort in Tshwane

Die DA in Gauteng sê ActionSA het die Tshwane-burgemeester in die rug gesteek en die mat onder die koalisie uitgeruk. Dit volg nadat die party sonder om met die veelparty-koalisie te beraadslaag, ʼn dringende mosie by die raad se speaker ingedien het om Brink te dwing om met stakende werkers…
29 Sep 4AM 1 min

Amunime sê NEFF laat Amushelelo in die steek

Die arbeidsaktivis en Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters-lid Michael Amushelelo, wat agter tralies sit nadat hy op Onafhanklikheidsdag gearresteer is by 'n protesoptog teen jeug-werkloosheid, is deur sy party in die steek gelaat, volgens mede-aktivis Simon Amunime. Amushelo is borgtog geweier omdat hy 'n hofbevel oor borg in 'n ander saak verbreek…
29 Sep 3AM 1 min

Zuma manipuleer die regstelsel

Advokaat Tembeka Ngcukaitobi het aan die Appèlhof in Bloemfontein gesê oudpresident Jacob Zuma is besig om die regstelsel op ʼn siniese manier te misbruik en te manipuleer. Die hof het uitspraak voorbehou in Zuma se poging om te appelleer teen die Pietermaritzburgse Hooggeregshof se beslissing teen sy poging om die…
29 Sep 3AM 1 min