SA begin met landwye veldtog om slaggate te takel

--:--
Die departement van vervoer in die buurland het met ʼn landwye veldtog begin om slaggate en padinfrastruktuur onder die loep te neem. Suid-Afrikaanse paaie gaan agteruit weens swak bouwerk en word vererger deur stortreën en oorstromings. Volgens die woordvoerder van die departement, Collen Msibi, het die presidensiële koördineringsraad die veldtog genoodsaak deur aan padinfrastruktuur voorkeur te gee. Hy sê munisipaliteite moet verantwoordbaar gehou word omdat hulle fondse wat vir padinfrastruktuur geoormerk is nie na behore aanwend nie.
5 Jun 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kunene steier steeds onder voedseltekorte

Honger in die Kunene-streek was nog altyd 'n probleem, hoofsaaklik weens 'n gebrek aan voldoende reën. Die streek is droogtegevoelig en die verslegtende droogte noop al lank sommige boere om met hul beeste na ander streke te trek op soek na weiding. Duisende vee en die lewensbestaan van mense in…
29 Sep 5AM 1 min

Militêre kenner sê Oekraïne vorder goed

Die Britse afgetrede generaal, lord Richard Dannat sê die Oekraïnse weermag vorder eintlik baie goed in sy teenoffensief. Hy sê die weermag maak goeie, maar stadige vordering om die Russe terug te druk, maar voeg by, die oorlog is tweedelig.
29 Sep 5AM 1 min

Pahad kry môre amptelike begrafnis

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die voormalige adjunkminister van buitelandse sake, Aziz Pahad, môre met 'n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie Twee in Johannesburg vereer sal word. Die 82-jarige Pahad is Woensdag oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê, die president het hulde gebring aan Pahad, en sê hy was…
29 Sep 5AM 1 min

Oos-Kaap vry na beleggings

Die Oos-Kaapse regering sê hy is vol vertroue sy derde beleggingskonferensie gaan ʼn sukses wees. Verlede jaar is beleggings van 46 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig wat tot ʼn duisend nuwe werksgeleenthede gelei het. Die konferensie word vandag in die Internasionale Konvensiesentrum in Oos-Londen gehou. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa…
29 Sep 4AM 1 min

Oorname van Engen - vergadering het goed afgeloop

Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy openbare konferensie in verband met die verkoop van Engen Beperk aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, baie goed afgeloop het. Die konferensie het Donderdag plaasgevind en is baie goed bygewoon. Die kommissie se direkteur van samesmeltings Johannes Ashipala, sê ‘n besluit behoort volgende week…
29 Sep 4AM 1 min