Kaapstadse Funny Festival in Baxter-teater

--:--
Die Stad Kaapstad sê terwyl die winter behoorlik nesskrop en binnenshuise geleenthede oral plaasvind, neem die Kaapstadse Funny Festival die Baxter-teater oor vir ʼn maand lange komedie-verskeidenheidsprogram van vandag tot 2 Julie. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê die fees beleef sy 24ste seisoen. Volgens hom is dit die land se oudste en grootste komediefees, met top-plaaslike en internasionale kunstenaars.
5 Jun 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NLU-president reageer op meer as 30 veediefstal sake... daagliks

Mike Venaani, ‘n PDM-LP en vader van die party se leier, McHenry Venaani, het die week gesê die Nasionale Vergadering moet ‘n dringende debat hou om die oorsaak van hoë veediefstalsyfers, wat blyk net erger te word, te bespreek. Dit was in reaksie op die jongste syfers, waarvolgens daar tussen…
29 Sep 6AM 1 min

Ouditverslae: Kandjeke sê vaardighede en stelsels ontbreek

Ouditverslae van plaaslike owerhede is weer in die nuus met die ouditeur-generaal se kantoor wat verskeie plaaslike owerhede se oudits voltooi het. Soos gebruiklik, is streeksrade, munisipaliteite en dorpsrade se boeke in chaos met vermiste fondse, toerusting wat weg is en meer. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê vaardighede ontbreek en…
29 Sep 6AM 1 min

Kunene steier steeds onder voedseltekorte

Honger in die Kunene-streek was nog altyd 'n probleem, hoofsaaklik weens 'n gebrek aan voldoende reën. Die streek is droogtegevoelig en die verslegtende droogte noop al lank sommige boere om met hul beeste na ander streke te trek op soek na weiding. Duisende vee en die lewensbestaan van mense in…
29 Sep 5AM 1 min

Militêre kenner sê Oekraïne vorder goed

Die Britse afgetrede generaal, lord Richard Dannat sê die Oekraïnse weermag vorder eintlik baie goed in sy teenoffensief. Hy sê die weermag maak goeie, maar stadige vordering om die Russe terug te druk, maar voeg by, die oorlog is tweedelig.
29 Sep 5AM 1 min

Pahad kry môre amptelike begrafnis

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die voormalige adjunkminister van buitelandse sake, Aziz Pahad, môre met 'n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie Twee in Johannesburg vereer sal word. Die 82-jarige Pahad is Woensdag oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê, die president het hulde gebring aan Pahad, en sê hy was…
29 Sep 5AM 1 min