
Twaalf studente van Fort Hare vas ná plundery
--:--
Twaalf studente aan die Universiteit van Fort Hare is in hegtenis geneem in verband met opsetlike beskadiging van eiendom en inbraak in Alice in die Oos-Kaap. Dit volg ná 'n groep studente na bewering 'n kafeteria geplunder en ook verskeie van die universiteit se eiendomme op die kampus in Alice beskadig het. 'n Polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê hulle het 'n klagte ontvang oor 'n gewelddadige betoging.